Strooidak -  Cabernet Sauvignon

 
Strooidak besit 'n 1 ha stuk grond tussen die twee pastorieƫ oorkant die kerk. In 1998 het Strooidak besluit om wingerd op die oop stuk grond te plant en wyn te maak. Die doel van die wyn is om die inkomste te genereer vir die jeugbediening, sendingaksies en ook instandhouding van die kerk se geboue. Die Cabernet Sauvignon wingerd word deur gemeentelede bestuur en die wyn word ook deur 'n gemeente lid gemaak. In 2005 is die eerste druiwe ge-oes en die wyn gebotteleer. Strooidak spog met trots dat die 2017 Cabernet Sauvignon by die 2019 Veritas toekennings 'n silver medalje verower het.
 

Die wyn word nie verkoop nie, maar donasies kan gemaak word in ruil vir 'n bottel wyn.

Die 2017 Oesjaar (Silwer Veritas) is beskikbaar by die kerkkantoor.

Vir meer inligting kontak Attie by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

EREDIENSTE

09:00 Eredienste 
09:00 Kleurterkerk en Junior Bybelskool 
09:30 Erediens Huis Vergenoegd 
18:00 Senior Bybelskool

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA

Facebook