Preekstoel

×

Error message

  • Warning: symlink(): Cannot create symlink, error code(1314) in _collageformatter_image_file_check() (line 919 of F:\Domains\CUR26_7\strooidak.co.za\wwwroot\sites\all\modules\collageformatter\collageformatter.module).

Die preekstoel wat tans in gebruik is, is in 1838 deur mej. M.M. Krynauw aan die gemeente geskenk.  Dit is van stinkhout gemaak en veral opmerklik is die koperpen waaraan ds. G.W.A. van der Lingen, volgens Nederlandse gebruik, sy steek (driekantige hoed) opgehang het.  Die duif wat van die plafon van die preekstoelhang, dien as simbool van die Heilige Gees.

Voor die preekstoel staan die voorlesersknapie.  Langs die preekstoel hang die “armbeurse” waarmee eers gekollekteer is.  Onderaan elke sakkie het ‘n silwerklokkie gehang waarmee slapende aanbidders, vanweë die al te lang preek, vir die kollekte wakker gemaak is.

Preekstoel