Kerkhof

×

Error message

  • Warning: symlink(): Cannot create symlink, error code(1314) in _collageformatter_image_file_check() (line 919 of F:\Domains\CUR26_7\strooidak.co.za\wwwroot\sites\all\modules\collageformatter\collageformatter.module).

Die klokpilare wat links voor die kerk staan, is in 1811 opgerig.  Die inskripsie op die klok lui : “MDCCX1111  Claes Noorden et Albert de Grave het my in 1714 in Amsterdam gemaak”.  Die ysterhekke wat tans nog by die ingang van die kerkterrein is, is in 1808 deur Jan Warnick aangesit.

Die kerkhof is aangelê toe die terrein waarop die huidige kerkgebou staan, verkry is.  Volgens besluit van die toenmalige kerkraad  sou die kerkhof vyf en dertig vierkante roede beslaan.  Dit is in 1720 in gebruik geneem.  ‘n Nuwe fase in die bestaan van die kerkhof is die Tuin van Herinnering waar die as van oorledenes bewaar word.  Dit is in 1999 in gebruik geneem.  Ongeveer 7 500 gestorwenes, die meeste van Franse afkoms, het reeds in hierdie kerkhof ‘n laaste rusplek gevind.  Inligting oor sowat 6 000 is georden en gepubliseer.

Strooidak Begrafplaas en Klok